PAASFEES BEDE: Ons gebed is dat hierdie Paas-tyd opnuut vir u volle betekenis mag kry wanneer u in dankbaarheid en aanbidding die Here Jesus se Kruisdood en Opstanding sal gedenk! Mag u persoonlik Sy Kruis- Genade, Liefde, Krag, Bewaring en Leiding van die Here Jesus deur die Heilige Gees ondervind! Mag die Hart van die Evangelie opnuut vir u kosbaar en lewend word in hierdie tyd temidde van 'n donker en misleidende wereld en u in Sy oorwinnende Opstandingskrag van dag tot dag sal lewe!!
DIE BYBEL: DIE EWIGE WOORD VAN GOD:
Alhoewel die Bybel vandag in ons post-moderne tyd al hoe meer geminag en bevraagteken word selfs in die kerk en deur sogenaamde "Skrifgeleerdes", bly dit onomwonde die waarheid en die Ewige Woord van God waaraan geen mense opinies, redenasies of verwerping enige verandering of verskil ooit aan kan maak nie..."Maar die Woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is" (IPetrus 1:25) Die ganse Skrif is deur God se Heilige Gees werking ingegee en "..is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus." (II Tim 3:16&17)
Die Bybel is die enigste onfeilbare norm en onwrikbare vaste fondament waarop 'n ware heilige, suksesvolle en God-verheerlikende lewe gebou kan word.
Daarom die noodsaaklikheid dat ons ernstig sal verlang en hunker na die waarheid van die Woord "soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei." (I Petrus 2:2) Die Bybel is die onontbeerlike KRAG van God waardeur ek gered kan word (Jakobus 1:21), my geloof versterk word en ek geestelik kan groei (Roem 10:17; I Thess 2:13) om vrugbaar en bruikbaar in die Koninkryk van God tot Sy verheerliking te wees.
DIE BYBEL: DIE SWAARD VAN DIE GEES:
"Want die Woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oe van Hom met wie ons te doen het!" (Heb 4:12&13)
Die Heilige Gees spreek tot my hart deur die Lewende Woord van God om nie net die Heilige karakter en wese en wil van die drie-enige God (Vader, Seun en Heilige Gees) aan my te openbaar nie, maar ook my verlore en sondige toestand voor God. Die Heilige Gees oortuig my van my sonde en openbaar aan my deur die Woord God se Verlossings-plan deur die Bloed van Sy Seun Jesus Christus.
Die Woord is nie net 'n vertroosting, bemoediging en versterking vir die wat glo nie, maar ook 'n instrument van oordeel en veroordeling vir die wat dit in ongehoorsaamheid verwerp en verontagsaam. Deur die Woord openbaar die Heilige Gees ook die diepste verborge sonde en ongeregtigheid asook valsheid en vorm-godsdiens waar agter ek mag skuil sonder enige ware persoonlike verlossing en vergifnis deur die Bloed van Jesus Christus nie.
DIE BYBEL: DIE BLOED-BOODSKAP EN BLOEDLYN VAN VERGIFNIS EN VERLOSSING:
"Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel." (Levitikus 17:11) "Maar Christus het...met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en 'n ewige verlossing teweeggebring...en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie." (Heb 9:11-22)
Die Bloed-boodskap begin in Genesis en strek deur die ganse Bybel tot in Openbaring. Die Bloedlyn van Vergifnis en Verlossing loop deur die Woord en word volmaak volbring deur Christus aan die Kruis van Golgota. Die Here Jesus getuig onomwonde self: "Want dit is My Bloed, die bloed van die Nuwe Testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes." (Matt 26:28; Markus 14:24; Lukas 22:20)
"Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die KOSBARE BLOED VAN CHRISTUS, soos van 'n lam sonder gebrek en vlekkeloos." (I Petrus 1:18&19) Vergelyk ook Genesis 22:13, Exod 12:1-13, Levitikus 8:23, Lev 17:11, Psalm 78:35, Hand 20:28, Roemeine 3:25; 5:9, Efes 1:7; Efes 2:13, Kolos 1:20, Hebr. hoofstukke 9,10, 12 en 13, I Joh 1:7&9; 5:6&8, Openbaring 1:5; 5:9; 7:14; 12:11; 19:13.
Die Here Jesus Christus het uit eie vrye wil Homself volkome gegee en is op Golgota's kruis geoffer vir my sonde. Hy het in my plek gesterwe en die prys vir my Verlossing en Vergifnis volkome betaal. Op die derde dag het Hy OPGESTAAN uit die graf en die dood en die Hel oorwin (Matt 28),opgevaar na die Hemel vanwaar Hy weldra weer sal kom om die lewende en die dode te oordeel.(II Tim 4:1)
Die Bloed het twee duidelike Roepstemme: wanneer ek die Bloed van Christus vertrap en minag, roep dit om my veroordeling en verdoemenis, maar wanneer ek dit persoonlik aanneem tot redding roep dit om vergifnis, vrede en ewige lewe!
DIE BYBEL: GOD SE PADKAART EN WAARBORG VIR MY LEWE:
"Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u WOORD! Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart, laat my nie afwyk van U GEBOOIE nie. Aan U BELOFTES hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U."
"Aan U kom die lof toe, Here, leer my U VOORSKRIFTE. Al U BEPALINGS wil ek een vir een opnoem. Om volgens U VERORDENINGE te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wereld. U BEVELE bly my altyd by. Ek gee ag op die PAD wat U aanwys. Ek verlustig my in U VOORSKRIFTE, U WOORD vergeet ek nie." (Psalm 119:9-16)
DIE WOORD VAN GOD IS VOLMAAK EN GEE LEWE:
"Die WOORD van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die ONDERWYSING van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan die wat nog onervare is. Die BEVELE van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die GEBOD van die Here is helder: dit gee insig."
"Die EISE van die Here vir Sy diens is goed: dit staan altyd vas. Die BEPALINGS van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit 'n heuningkoek. U dienaar laat hom daardeur LEER. Wie dit alles ONDERHOU, GROOT IS SY BELONING!" (Psalm 19:8-12)
VERKONDIG DIE WAARHEID VAN DIE WOORD:
"VERKONDIG DIE WOORD; hou aan tydig en ontydig; weerle, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die GESONDE LEER nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle EIE BEGEERLIKHEDE en die oor sal AFKEER van die WAARHEID en hulle sal wend tot fabels." (II Tim 4:2-4)
In hierdie laaste dae waarin ons lewe sal die 'MENS' in sy groeiende HUMANISME ook sy EIE idees, verklarings en verdraaiings rakende die Bybel propageer. In hierdie "swaar tye" sal die mens "liefhebbers van HULLESELF wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,"
".. sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van GENOT as liefhebbers van God; mense wat 'n GEDAANTE VAN GODSALIGHEID het, maar die krag daarvan verloon het. Keer jou ook van hierdie mense af." (II Tim 3:1-5)
MIDDELPUNT VAN DIE WOORD: DIE KRUIS VAN CHRISTUS:
Die KRAG VAN GOD: "...Want die woord van die KRUIS is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die KRAG VAN GOD." (I Kor 1:17&18)
Die WYSHEID VAN GOD: "..CHRISTUS, die krag van God en die WYSHEID VAN GOD." (I Kor 1:23&24)
OORWINNING oor die WERELD: "...Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die KRUIS van onse Here Jesus Christus, deur wie die wereld vir my gekruisig is en ek vir die wereld." (Gal 6:14)
VERGIFNIS en REDDING van SONDE: "..en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die KRUIS vas te nael..." (Kol 2:13&14; Heb 10:12)
'SELF-LEWE' en 'OU MENS' is SAAM GEKRUISIG: "...aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam GEKRUISIG is, sodat die liggaam van die SONDE tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie..." (Rom 6:6)
Die DOOD en die HEL OORWIN: "Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en GEKRUISIG word en op die derde dag OPSTAAN/" (Lukas 24:7)
BRING EWIGE VERSOENING en VREDE met GOD: "..en dat Hy deur HOM alles met Homself sou VERSOEN nadat Hy VREDE gemaak het deur die BLOED van Sy KRUIS.." (Kol 1:20; Efes 2:16)
WAS EK AL PERSOONLIK BY DIE KRUIS?
DIE OPENBARING VAN DIE HERE IS VOLMAAK: (PSALM 19) SY WOORD IS:
VERKWIKKEND en LEWE-GEWEND: " Die Woord van die Here is volmaak; dit gee lewe." (vers 8)
VERLIG en MAAK WYS: " Die Onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan die wat nog onervare is." (vers 8b)
VERBLY en RIG MY LEWE: " Die Bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap." (vers 9)
GEE INSIG: " Die Gebod van die Here is helder: dit gee insig." (vers 9b)
IS EWIG ONWRIKBAAR: " Die Eise van die Here vir Sy diens is goed: dit staan altyd vas." (vers 10)
IS REGVERDIG en REG: " Die Bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig." (vers 10b)
IS KOSBAAR en SOET: " Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit 'n heuningkoek." (vers 11)
GEHOORSAAMHEID WORD BELOON: " U dienaar laat hom daardeur leer. Wie dir alles onderhou, groot is sy belonong." (vers 12)
DIE PSALMS van WYSHEID en PRAKTIESE INSIG: 'n TOETS vir my PERSOONLIKE LEWENSWYSE:
1. Lewe ek as REGVERDIGE of as GODDELOSE? (Psaim 1)
2. Is my SONDE en SKULD vergewe? (Psalm 32)
3. Loof die Here vir Sy VERLOSSING, GEBEDSVERHORING, VOORSIENING en BEWARING. (Psalm 34)
4. Die Here VERLOS, BEWAAR, VERSORG en ONDERSTEUN elkeen wat Hom inopregtheid dien en vrees. (Psalm 34)
5. "n Duidelike waarskuwing teen GELDGIERIGHEID, gejaag na aardse RYKDOM en BESITTINGS asook ONEERLIKHEID. Teenoor die ONGEREDDE se verganklike fokus, staan die KIND van GOD se Hemelse fokus en vertroue op die Here. (Psalm37)
6. Sonder persoonlike VERLOSSING van SONDE en die DOOD is alles NUTTELOOS en TEVERGEEFS. Oppervlakkige vorm-godsdiens staan lynreg teenoor 'n lewe van offer wat SAAM MET CHRISTUS GEKRUISIG IS. (Psalm 49)
7. Die STRYD en KONFLIK van die ware VERLOSTE staan in skrille kontras tot die oenskynlike VOORSPOED van die GODDELOSE. Die kind van God se erfenis is egter ewig en onverganklik. (Psalm 73)
8. Die opregte GELOWIGE is altyd en oral onder die veilige BESKERMING en BEWARING van die BLOED van die LAM. (Psalm 91)
9. As die finale en EWIGE REGTER vergeld die Here self die dwase en ongeredde vir sy SONDE en ONGEREGTIGHEID. Die Here ondersteun, beskerm en vertroos die REGVERDIGE. (Psalm 94)
10. LEEF EN LAAT LEEF in LIEFDE en MEDEDEELSAAMHEID. Dit verseker die Here se genade, barmhartigheid en sorg oor my. (Psaim 112)
11. Die WOORD van GOD is die ENIGSTE gewaarborgde FONDAMENT, NORM en STANDAARD vir die kind van God se praktiese lewe op aarde. GEHOORSAAM dit stiptelik en onvoorwaardelik. (Psalm 119)
12. TEVERGEEFS en VERNIET is alles wat ek beplan en doen as die Here nie primer en prominent daarin is nie. (Psalm 127)
13. VYANDIGHEID, LYDING, VERVOLGING en VERDRUKKING sal, soos deur die eeue heen, nooit die Christendom en die Christen vernietig nie. JESUS CHRISTUS se marteldood maak voorsiening dat NIKS op aarde TE VEEL vir my sal wees nie. (Psalm 129)
14. Die Here gee OORVLOED en LEWE waar BROERS en MENSE in vrede en eensgesindheid saam woon. (Psalm 133)
15. ALLES is OOP en BLOOT voor die Here. Mag Hy my hart en lewe DEURGROND en gedurig ONDERSOEK om te verseker dat ek in SY VOETSTAPPE volg vir altyd. (Psalm 139)
JESUS CHRISTUS IS DIE WOORD: (Johannes 1)
HY IS die LEWE, die LIG, die VERLOSSER: " In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God...Alles het deur Hom tot stand gekom...In Hom was daar lewe, en die lewe was die lig vir die mense... Hy het na Sy eiendom toe gekom, en tog het Sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. (Joh 1:1-13)
IN CHRISTUS is die ALLES OORTREFFENDE VOLHEID, HEERLIKHEID, WAARHEID en GENADE van GOD: "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het Sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die Eniggebore Seun van die Vader het, vol genade en waarheid...Uit Sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. (Joh 1:14-18)
LAASTE WAARSKUWINGS en BELOFTES: (Openbaring 22)
Vers 12: "En kyk, Ek kom gou, en My loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
Vers 13: "Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde, die eerste en die laaste."
Vers 14: "Salig is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan he op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad."
Vers 20: "Hy wat dit getuig, se: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!"
IS EK GEREED OM HOM TE ONTMOET ??
"Die GENADE van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! AMEN."